Bejaardebediening
Die Bejaardebediening fokus op die afgetrede lidmate in ons gemeente. Een van hulle meer bekende onderafdelings is die Goue Kandelare, waar daar gereeld gesosialiseer word, maar met elke byeenkoms ook tyd saam met die Here spandeer word.
Hulle fokus is om uit te reik na al die bejaardes in die gemeente wat nie meer vir hulle self kan versorg nie, wat alleen is, en ook die wat weens siekte hulp en bystand nodig het. Die Bediening verseker ook dat daar gereeld preek-geleenthede spesifiek vir die bejaarde is, en bedien ook lidmate geestelik by hulle huise - selfs met Nagmaal sou dit verlang word.
Hulle moedig lidmate ook aan om by omgeegroepe betrokke te raak, en het al vanuit die Goue Kandelare 'n groep of twee gestig. Hierdie "oues" is beslis nie koues nie, en het gereeld een of ander uitstappie waarop hulle gaan, die grootste hiervan hulle jaarlikse wegbreek na "Weesgerus" naby Naboomspruit.
Die bediening reik ook uit na ander ou mense in die gemeente, is aktief betrokke by die jaarlikse Winterhoop-projek van MES, en brei of maak jaarliks klere en truie vir minderbevoorregte kinders.
Voorsitter: Frieda Honiball
Terug na bedieninge

